top of page
Dis Kersfees in Suid-Afrika met koekiedrukkers en Poeierverf

In hierdie pakket kry jy nie net 'n boek nie, maar ook 'n opvoedkundige speelding. 

 

Dis Kersfeestyd in Suid-Afrika,

waar ons almal mekaar leer verdra.

Laat almal hier by ons kom sit,

terwyl ons saam onder die kersboom bid.

 

Hoe vier ons Kersfees in Suid-Afrika?  Het jy al vir Kersvader in 'n kortbroek gesien?

 

Hierdie geloofsgebaseerde reeks is ideaal vir Graad 1- 2 maats wat al self kan lees, of vir voorskoolse maats tydens voorlesing. Die boekies bevat elkeen unieke aktiwiteite wat ouers, grootouers, onderwysers en terapeute saam met die kinders kan doen.  Kinders leer die beste as hulle self konsepte kan beleef en dit is presies wat die 1-2-3-Leesreeks bied. 

 

Elke boek bevat unieke opvoedkundige aktiwiteite en saam met die boek kry jy ook 'n unieke opvoedkundige speelding. 

 

Tydens Kersfees draai ons graag geskenke toe vir mekaar.  Dis Kersfees in Suid-Afrika leer ons van omgee vir mekaar.  Vir die kunsaktiwiteit in die boek gaan jy as ouer, grootouer, onderwyser of terapeut Kersfeeskoekiedrukkers en verf nodig hê.  Ingesluit by die boek is daar 5 koekiedrukkers en 5 kleure poeierverf. 

 

Boekies in die reeks:

1. Anna Akkedis

2. Henri Hasie en Leo Leeu

3. Miandri Mier

4. Daniël Dinosourus

5. Die bytjie se dag

6. Dis Kersfees in Suid-Afrika

 

Wat is in die boks?

 

1 x Boek

5 x Koekiedrukkers

1 x 50 g Geel poeierverf

1 x 50 g Blou poeierverf

1 x 50 g Rooi poeierverf

1 x 50 g Wit poeierverf

1 x 50 g Groen poeierverf

 

Dis Kersfees in Suid-Afrika met koekiedrukkers en Poeierverf

R200,00 Regular Price
R150,00Sale Price
    bottom of page